Quinn Lubbe

  • Oorspronklike Musiek

Quinn Lubbe het Filmproduksie by die Tshwane Universiteit van Tegnologie gestudeer. Terwyl hy sy Honeursgraad in 2010 voltooi het, het hy by The Film Factory se na-produksiespan, FiX Post Production aangesluit en was hy betrokke by verskeie televisie-, film-, advertensie- en korporatiewe projekte oor die volgende vyf jaar.

Sy ondervinding by The Film Factory en FiX Post Production het hom gehelp om ’n ferm houvas te kry oor die belangrikheid van artistieke interpretasie van groot idees asook die uitvoering van n uitstekende produksie en na-produksieproses.

Van die projekte waaraan hy gewerk het, sluit in Wolwedans in die Skemer, Bakgat! 3, Hear Me Move,Leading Lady, Free State en Sy Klink Soos Lente.

Quinn het ook musiek studeer by die Academy of Light Music of South Africa (ALMSA) en het musiek gekomponeer vir vollengte films, kort films en advertensies. Sy komposisies sluit in werk vir die film Getroud Met Rugby en die klankbaan vir Ek Joke Net 1. Hy het ook die musiek vir Modder en Bloed gekomponeer.

Quinn is ’n ten volle geakkrediteerde lid van die South African Guild of Editors.

FILMS

  • Society II – Offline Edit
  • Wolwedans in die Skemer - Offline Edit
  • Bakgat! 3 - Offline Edit
  • Hear me Move - Behind the scenes and VFX
  • Leading Lady - Behind the Scenes
  • Free State - Theatrical Trailer and VFX
  • ‘n Paw Paw vir my Darling - Theatrical Trailer
  • Ballade vir ‘n Enkeling - Theatrical Trailer and VFX
  • Sy Klink Soos Lente – Theatrical Trailer and VFX

KORTFILMS

  • Bloom, for Adele
  • Smoorverlief (M-Net Short Film)
  • Prinses -(Silwerskerm Short Film) VFX
  • STOM (Silwerskerm Short Film)
  • Dominee Truuks (Silwerskerm Short Film)

TELEVISIE

  • Society II
  • Getroud met Rugby Season II & III
  • Hartland (SAFTA nomination for Best Editing in a Drama Series)