Mary-Sue Morris

  • Hare En Grimering
  • Kostuums

Vanaf ’n jong ouderdom het Mary-Sue besef sy wou ’n grimeerkunstenaar en haarstilis word, en het hierdie droom verwesenlik deur te begin om as ’n sekretaresse by ’n produksiemaatksappy te werk waar sy vinnig bevorder is tot produksie-assistent.

Sy het tegelykertyd kursusse by Kryolan begin bywoon om haar vaardighede te verskerp as grimeerkunstenaar. Kort voor lank is sy bevorder tot grimeerkunstenaar, haarstilis en kostumier.

Mary-Sue het begin werk as vryskutgrimeerkunstenaar, maar haar natuurlike aanvoeling vir stylering het haar gehelp om oor die afgelope 13 jaar nou betrokke te wees met die grimering, haarstilering, spesiale effekte en rekwisiete op verskeie televisiereekse, musiekvideo’s, modevertonings, tydskrifte en rolprente.

Van haar werk sluit in Pad Na Jou Hart, Ballade vir ’n Enkeling (grimering, hare en spesiale effekte grimering), Suurlemoen (rekwisiete), Land of Milk and Honey (grimering, hare en spesiale effekte grimering), Treurgrond (grimering, hare en spesiale effekte grimering), Spook van Uniondale (rekwisiete), Trouvoete (grimering en hare), Skorokoro (grimering en hare), en Vir Altyd (grimering en hare).