Dries Scholtz

  • Vervaardiger

As die seun van die bekende filmmakers, André Scholtz en Riana Pienaar en kleinseun van Kristo Pienaar, het Dries grootgeword in ’n omgewing waar kameras, draaiboeke en ligte aan die orde van die dag was. Vanaf ’n jong ouderdom het hy geweet dat hy in sy ouers se voetspore wou volg.

In 2005 het hy betrokke geraak in die industrie as produksie- assistent op die televisiereekse Dryfsand en Amalia. Hy het sommer vinnig naam begin maak en in sy eerste jaar homself opgewerk na die posisie van eenheidsbestuurder op verskeie reekse soos Andries Plak en Feast of the Uninvited.

Met die groei van die filmbedryf het Dries vining geleenthede gevat om in films te begin werk. Hy het as eenheidsbestuurder gewerk aan films soos Running Riot, Mr Bones 2, Bakgat! 2, Superhelde, Night Drive en as liggingsassistent op District 9.

Nadat hy verskeie suksesvolle projekte voltooi het as eenheidsbestuurder, het Dries besluit dat die geleentheid hom voorgedoen het om meer kreatief betrokke te raak in die filmbedryf – en met die hulp van Danie Bester en C.A. van Aswegen het hy by The Film Factory se sustermaatskapy, Fix Post Productions, aangeklop. Hy het daarna as assisstent-redigeerder aan verskeie Film Factory-projekte begin werk, soos Wolwedans in die Skemer, Hoofmeisie, Bakgat! 2 en Superhelde.

Met Dries se ervaring in produksie sowel as na-produksie, het hy besluit om saam met sy venoot Danie Bester Ek Joke Net 1 te vervaardig en te skryf en het daarna Ek Joke Net 2 en Agent 2000 se vervaardiging en redigering behartig. As vervaardiger en redigeerder het Dries ’n baie goeie insig in die plaaslike bedryf, veral as dit kom by die verhouding tussen produksie en na-produksie.

Hy was ook die lynvervaardiger en na-produksie toesighouer van die romantiese avontuurfilm Pad Na Jou Hart, die speurdrama Ballade vir ’n Enkeling en die lokettreffer Vir Altyd.

Saam met sy besigheidsvennoot Danie Bester is Dries besig om ’n groot impak op die plaaslike filmbedryf te maak.