Devin Toselli

  • Kinematograaf

Die 30-jarige Devin is sedert 2010 ’n gekwalifiseerde kinematograaf nadat hy sy vierde jaar as een van die top studente in sy klas geslaag het.

Devin het sy pad vinnig deur die kameradepartement gewerk en nou spandeer hy meeste van sy tyd daaraan om advertensies, musiekvideo’s en kort films te skiet. Hy is onlangs as een van die top kinematograwe in die land by die Suid-Afrikaanse Loerie Toekennings in 2015 aangewys.

Hy het grootgeword omring deur mode, modelle en glans. Fotografie was vanaf ’n jong ouderdom deel van sy woordeskat. Devin het op sesjarige ouderdom sy eerste kamera gekry en het tydens sy kinderjare sy ouers bygestaan. Die kreatiewe Waldorf-student het aanvanklik by WITS studeer voordat hy sy Honeursgraad by AFDA voltooi het waar hy in Kinematografie gespesialiseer het.

Sy werk op die Tailor musiekvideo is in 2012 in die ARRI Alexa showreel ten toon gestel. Hy het onlangs ’n kort film, Stiff, vir Focus Features wat in Soweto geskiet is, voltooi. Dit het Beste Kort Film by die African Internasionale Filmfees gewen en was die amptelike keuse vir die Palm Springs Internasionale Filmfees.

Devin het ook onlangs aan die Hollywood vollengte film Seal Team 8 vir regisseur Roel Reine gewerk. Hy het so pas werk aan die vollengte film Jou Romeo voltooi.