Chris Joubert

  • Produksie Ontwerper

Christian Joubert is ’n bekroonde Suid- Afrikaanse Produksieontwerper en word beskryf as iemand wat sy rolprente “uitleef deur sy ontwerp”. Hy het onlangs ’n SAFTA-toekening ontvang vir Beste Prestasie in Kuns/Produksieontwerp in ‘n Vollengte Film vir Dis ek, Anna.

Christian erken dat sy sukses gevolg is van al die geleenthede wat hy tydens sy ses jaar in die film-industrie gekry het. Hy het sy beroep begin nadat hy in 2010 , sy graad in Produksieontwerp by AFDA ontvang het.

Hy het toe heelwat rolle as Rekwisietemeester, Stelbouer en Stel-ontwerper onderneem in talle rolprente soos Hoofmeisie, Snare, Angel of the Skies, Wolwedans in die skemer, Veraaiers, Musiek vir die agtergrond en Mandela’s Gun.

Die rolprente waarmee hy in die rol van Produksieontwerper kan spog is as: Stuur Groete aan Mannetjies Roux, Suurlemoen, Agent 2000: Die Laksman, Ek Joke net 2 en Bakgat! Tot die mag 3.

Christiaan was ook betrokke in talle televisie reekse en advertensies in die rol van Kunsregisseur en Produksieontwerper.