C.A. Van Aswegen

  • Redigeerder

Uitvoerende Vervaardiger, Redigeerder en Koloris C.A. van Aswegen, wat al verskeie toekennings in die industrie losgeslaan het, het met cum laude in sy honneursjaar in Motion Picture Medium by AFDA in Johannesburg gegradueer.
Na universiteit het C.A. sy loopbaan as redigeerder begin op verskillende hoogs aangeskrewe en bekroonde dokumentêre speelprente (en in kort formaat), onder meer ’n reeks oor die lewe van Nelson Mandela.

Hy het al meer as 100 advertensies en musiekvideo’s geredigeer; en die redigering van 24 rolprente behartig. C.A. het sy fokus na langformaat, narratiewe redigering verander, en spesialiseer in rolprente en dokumentêre speelprente.

C.A. is ’n ten volle geakkrediteerde lid van die South African Guild of Editors.