Wicket

  • Sweetspot
Oor die karakter

Volgens legende is Pieter ‘Wicket’ Ferreira met die kriekethelm gebore. Alhoewel hy oor die algemeen teruggetrokke is, ontferm hy hom oor die manne van die eerste-span asof sy eie seuns, veral Marko Marais. Wicket se leuse is ‘Work hard, play hard’ en daarom kon hy nog nie self die geleentheid losslaan om iemand spesiaal in sy lewe toe te laat nie.

Vertolk deur
Dirk Stoltz

Dirk is bekend vir sy rolle in verskeie plaaslike televisie- en teaterproduksies soos Binnelanders, Plein Street, Erfsonders, Julius Ceaser, Plek van die Vleisvreters, Askies, Swartwater, Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra, Villa Rosa, The Jakes are Missing, Bloedbroers en Generations.

Dirk se bydraes tot advertensie sluit in Auto & General, BUCO en Altec; en hy het rolle vertolk in die rolprente Red Dust, Superhelde, Stander, Prinses, Reload, Ballade vir ‘n Enkeling, Treurgrond en Safehouse.

Dirk is ’n gevestigde stemkunstenaar en vervaardiger van industriële en korporatiewe teater, asook televisie. Hy het al in talle buitelandse lokasies verfilm, insluitend Mauritius en Nieu-Seeland en is trots om saam met die Oscar-wenners Hilary Swank, Denzel Washington en Tom Harper te kon werk.