Tyler Le Roux

  • Dramasebaas
Oor die karakter

Tyler is ’n ordentlke drama geek! Maar soos dit met drama geeks gaan, is hulle maar die buitestaanders in ’n skool se sosiale rang. Hy staan egter nie alleen nie en saam met sy BFF, Yvette, stig hulle die skool se dramagroep, waar geeks hulle kreatiewe frustrasies kan uitleef in ’n veilige omgewing.

Met min ondersteuning van enigiemand sukkel hulle voort met een groot doel: om Romeo en Juliet in hulle matriekjaar op te voer! Dit sal groot wees, dit sal grênd wees, en dit sal ONS wees!

Dit maak dan ook seker logies sin dat ’n jock wat Tyler se safe haven bedreig nie met ope arms verwelkom sal word nie. En dit is juis die geval wanneer hulle sukkel om fondse te kry na die sportmal hoof besluit om hulle begroting weg te neem. Maar soos Shakespeare gesê het: It’s not in the stars to hold our destiny... but in ourselves.

Vertolk deur
Christopher Van Der Westhuizen

Aangesien hy skaam en anti-sosiaal was, het Christopher dramalesse op die ouderdom van 11 as buitemuurse skoolaktiwiteit begin neem in ’n poging deur sy ouers om sy ego ’n hupstoot te gee. Hy is aan die toneelspelwêreld bekendgestel deur ’n telefoonoproep vanaf sy paniekbevange drama-onderwyser. Dit het gelei tot sy eerste vollengte film, Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom, in 2010. Onder leiding van regisseur Regardt van den Bergh en mede-akteurs Gys de Villiers en Anna-Mart van der Merwe is sy passie aangewakker en het dit vlam gevat.

Hy het klein rolle in Agent 2000 en Ballade vir ’n Enkeling vertolk en sy eerste hoofrol is in André Velts se Jou Romeo. Hy doen radiowerk by RSG vir die weeklikse radiodrama Ratels deur Leon van Nierop asook ’n vollengte radiodrama, Baron in die Bome, met Richard van derWesthuizen.

Afgesien van toneelspel, verken Christopher ook skryf en regie met sy eie teateropvoerings Kwl... of hoe en GalLery7. Hy is tans besig met sy Gr7 Unisa Saksofoon en is opgewonde om skool met ’n hoë noot af te eindig en voltyds betrokke te raak by sy passie.