Mildred Groenewald

  • MerkeGereedMildred
Oor die karakter

Mildred Groenewald is die skool se sportmal, sosiale-media koningin en weet presies wat (en wie) sy wil hê. Marko Marais is Hoërskool Monument se ‘golden boy’ met dié dat hy almal se krieketheld is. Mildred is sonder twyfel die skool se nommer een krieket ondersteuner en ook Marko se grootste aanhanger. Deur die loop van die jaar het sy bietjie probleme ondervind met haar Marko-projek omdat die drama-drips, Yvette spesifiek, hulle vuil vingers in haar slaai begin druk het. Maar soos die drama-drags sal uitvind, mors ‘n mens nie sommer met #MildredG nie.

Vertolk deur
Row-Lean

Row-Lean het 18 maande gelede by die Gautengse vermaaklikheidsindustrie aangesluit toe sy daarheen verwys het vanaf Polokwane. Nadat sy die Summer Program by die New York Conservatory for Dramatic Arts voltooi het, het sy geweet dit is nou of nooit!

Aanvanklik het sy as rekwisietemeester op Reik na die Sterre gewerk en was assistent verhoogbestuurder by Skouspel 2014 (Kaapstad). Tydens haar opvoerings in FADCreationS’ Broadway Performance Showcase Experiences (2014 – 2015) is sy bekendgestel aan the Follicle Magic wat haar siening, denke en denkproses vir altyd verander het.

Row-Lean het al in Binnelanders verskyn asook in Jane Duke Band se musiekvideo Hemel in jou Oë. Sy het vroeer hierdie jaar saam met die akteurs en span van 8 Days van die VSA getoer toe hul hulle fliek hierdie jaar bekendgestel het. Sy het ook as Alet opgetree in die teaterproduksie Gevlek en is later ’n kontrak by District Models aangebied.

Sy volg haar liefde vir sing by Studio Cha onder die waaksame oog van Lee Scott en is ook een van die Blou Hond-bloggers. Row-Lean is aktief betrokke by die Jabula Dames Charity Organisation wat bystand aan minderbevoorregte jong meisies verleen.