Juffrou Goosen

  • Sommelekke
Oor die karakter

Juffrou Goosen is ’n genie in wiskunde. Stylvol, sterk en nie op haar bek geval nie, dril dié voormalige weermaggeneraal haar matrieks daagliks met somme en lewenslesse.

Vertolk deur
Diaan Lawrenson

Diaan Lawrenson is al 20 jaar in die vermaaklikheids bedryf. Diaan het bekendheid verwerf vir haar rol in die SABC 2 sepie 7de Laan, maar is net so aktief op die verhoog en agter die skerms. Diaan het ook haar eie produksie maatskappy Jester Productions wat al vele toekenningswaardige teater, televisie en film projekte vervaardig het. Sy was al genomineer vir verskeie toekennings en het al verskeie toekennings ontvang onderandere die YOU Spectacular Beste Aktrise twee keer en die ATKV Veertjie vir Beste Sepie Aktrise.

Diaan is tans besig om te vervaardig vir televisie en teater en gee ook klas by AFDA in die Kaap.