Brink Bouwer

  • Uberjock
Oor die karakter

Brink is ou met een doel – om professioneel krieket te speel vir die Proteas. Hy hou van girls, kuier, pêlle en krieket! Sy beste vriend is Marko Marias en hulle glo beslis dat hulle die beste krieketspelers in die land is.

Hy is ’n baie selfsugtige mens, en doen net wat hy wil – wanneer hy wil...behalwe as dit by Marko kom. Marko is soos ’n broer vir hom en hy sal enige iets doen om hulle vriendskap te beskerm.

Brink Bouwer is die definisie van ’n hoërskool jock met ’n goeie kolfarm en baie geld. Daar is drie dinge wat vir hom saak maak: lopies, meisies en hope pret, wat gewoonlik in oorvloed is by Brink se house parties. Hy glo dat alles in die lewe maklik kom en dat drama-drips nie ’n bestaansreg behoort te hê nie.

Vertolk deur
Ruan Blum

Ruan Blum is ’n jong akteur en videograaf wat in Centurion grootgeword het. Op skool het hy sy liefde vir drama ontdek en na matriek het hy onder leiding van Shareen Swart by die Performing Arts Lifestyle Institute in Pretoria studeer.

Hy was te sien in Sean Else se ’n Man Soos My Pa en het ook die rol van Tiny vertolk in kykNET en Kie se Ons Stories : Die Webley. Nou en dan wys hy ook gesig in Binnelanders.

In 2014, het hy die rol van Walter Prinsloo in Shareen Swart se teaterstuk Kom Soos Jy Is, vertolk. Hy het ook die hoofrol in Easy Stages by die Krêkvarsfees vertolk.

Ruan geniet dit ook om agter die skerms betrokke te wees en het al die klank en regie van verskeie musiekvideo’s behartig.